home
 
and I will bow and kiss your feet
and ash will be our beach     

press & media: altyd oppad

publication detail


name: Tuis
type: magazine
cover: no
feature: yes (1 page)
edition: February 2012
availability: not on shelves
 

Altyd Oppad

Beatrice Moore-Nöthnagel

Vir Gerda Louw, 'n digter, fotograaaf en skilder van Melkbosstrand, is die vrou as volwassene én as kind 'n sterk tema wat dikwels in haar olieverfskilderye voorkom — hoe hulle na dinge kyk en altyd oppad is iewers heen.

Jy sien dikwels paaie, spoorlyne, vensters, deure, grensdrade en dinge wat die weg aanwys of versper in haar skilderye, as simbool van die reis wat elke mens op aarde onderneem. Sy word ook geïnspireer deur die landskap om haar — die see, afgewissel deur uitbundige blomtapyte en koringlande, maar ook die onbekende dele van die middestad.

Volgens Gerda is die romanteise invloed van die Oostenrykse simbolis Gustav Klimt duidelik sigbaar in sommige van haar werke, terwyl daar ook ooreenkomste is met die styl van onder meer die Franse post-impressionistiese skilder Henri Rousseau en sy landgenoot André Derain.

 

site information
© 2012 Gerda Louw. All Rights Reserved.